Die woorde in jou oë

die woorde in jou oë

is die eerste klanke uit jou hart

wat plooie van swaar en wonder

die wêreld van my spieel instuur
die klanke spoel stadig in jou mond rond

om in of uit te kring-
die swaarstes terug na jou hart 

en die ligstes op die punt van my hart

Advertisements

en toe kom die pienk terug

die stomp yster wat eers net gele het
en deur mensehande opgelig is

knars toe die wit vinger morsaf

met lote van are en bloed 

hang die nael af

en reik terug na die hand

waar hy hoort

nael en al van die vinger is al swart van afskeid

toe die dokter se fyn naald en garing die bloed keer

en pienk van lewe terugbring

in die vinger van een mens

en die harte van so baie ander

 

die man sit 

die man sit

styf teen die een wat pas haar lippe rooi gemaak 

met sy eie afwagtende mond

die man streel 

die oppervlak van haar een arm

met sy oë blink 

agter sy hande aan

die man tas

met sy rimpelhande op haar elmboë 

om die verleentheid van sy mistastings

te verdoesel

die man steek

sy geheim weg

dat hy eintlik tekens soek

dat dat sy eie lewe voortloop 

ongeag hierdie verblyf 

van sy hande en oë op haar

rooi kolle

wat presies soos syne lyk

jou battery se alarm

die alarm moet nie nou afgaan nie
die waarborg seg dit duidelik

eers miskien april,

of anders kan ons dit beplan vir ‘n nuwe een in maart

maar nou

hier gaan hy af

in die entrampment van jou aange-er

net bo jou hart

net onder jou vel
jou battery se alarm

klink selfoonerig

maar jy weet hier klok

jou pasaange-er haar tyd

jou tyd

mens se tyd

hart se tyd

liefde se tyd

vir hierdie onmiddellike begin

van jou nuwe raklewe

Kersfees is hier

kersfees is hier

kersfees is hier
die fees is hier
die geboorte van jesusfees
die goeienuus fees
die fees vir almal om te vier

voel julle
hoe vol is die dag van die son
voel julle
die warmtes van lewe op julle lywe
voel julle
die warmtes van lewe uit julle harte

kersfees is hier

kyk mooi wanneer julle buite loop
sien hoe die struike langs die straat hulle skuins hou
in die kerstyd
sien hoe die blink blare ekstra glinster
en hoe sterk die bome staan
asof alles deel is van een groot die kerfsfeesboom

kersfees is hier

mense hou hande
die see hou hande
die muizenberg hou hande
vir almal wat hulle palms oop het
vir nou
vir die dag lank
vir die jaar lank
vir die lewe lank

kersfees is hier

die roosmens

Die roos
Die roos staan in die water
Die roos staan in die water haar stingel duidelik drinkend uit die blompot

Dis jy wat die plant gemaak het om verder te lewe
Kyk jy mooi, sien jy die borreltjies op die stingel
die rafels van die stingelvel
Sien jy die mooi
Kan jy dit nadoen in die water wat vir jou gegee is
Jou lewensvoete vind
uitreik met jou lewenswortels soos monde wat na asem smag

Kan jy die roos nadoen mens
Kan jy die roos nadoen mens
Kan jy jou kleur mooi hou soos die roos
Kan jy jou toevou ooplaat
Kan jy jou hande gebruik en uitreik
En soos die roos jou lewe voortsit?