Lippetaal

pare mense seil soos bote
in die lang gange van die mall
en volg die stroom
van neondrade
winkel in winkel uit
tussen al die pare
is daar die oranje strale van onpasmense
die alleenlopers wat stip
hulle stare volg
en soos ongeergdes na vertes loop
neonkleure van pare vleg ineen
wanneer hulle stop
en lippe laat raak
ek eet by jou jy eet by my
of tjekboek deel
of frons bekyk
of traan bedroog
of boud bewys
of smag vermaak
of net hande swaai
wanneer lippe voor almal regtig raak
bots die bote gretig in mekaar
lek die water in elke kolk
loop die stroom albei ver vooruit
dis hoekom dit gebeur
dat malls bestaan sonder botsende bote
dis hoekom malls mense intrek
sodat jy kan jou boot hou
en ekke myne
About these ads

Koplewe

OOR GEDAGTES EN STILTE
[na aanleding van Eckhart Tolle boekies en Youtube’s]

Die gedagtes wat by mens opkom, is inhoud, deel van die vormlike wereld. Die innhoud is in die konsepte en woorde van jou gedagtes. Wanneer jy jou gedagtes benoem, word dit inhoud. Dit neem die vorms aan van planne, herinneringe, bekommernisse ensomeer.

Mense kies om aan gedagtes en die inhoud van gedagtes aandag te gee. Hulle lewe dan  in hulle gedagtewereld – die vloei van woorde en van innerlike spraak. 

Gedagtes word gevorm, instand gehou, en beskerm deur die egoistiese self. Mense identifiseer hulle met hulle gedagtes – jou gedagtes is jy, word jy.

Gedagtes skep ‘n verslaafdheid: jy benodig gedagtes om te weet wie jy is, histories, maar ook in terme van wat mense van jou verwag; dit weerspieel sosiale verwagting. In jou eie gedagtes is jy die objek van studie – jou gedagtes maak wie jy is; “the little me”; die egoistiese self.

Woorde en idees in mens se gdagtes is egter niks meer as pointers nie. Wanneeer die gedagtes opkom, wil die verstand die pointers ontleed, betekenisse en ingerpretasies daaraan te heg. 

As vorm, as inhoud, is gedagtes geraas, ruising. Dit hou jou besig, en moedig jou aan om ander gedagtes op te roep, van die verlede, en oor die toekoms. Al hierdie bly gedagtes, niks meer nie.

Denke/gedagtes is borrels wat dryf en mekaar opsoek.

Mens kan kies on gedagteloos te leef, in stilte. Dis in stilte waar jy jou jouself is – vanuit stilte kan jy die geraas, inhoud, vorm waarneem. Gedagtes vloei dan verby in jou kop – sooos wolke wat kom en gaan. 

Mens is eers stil, dan kom gedagtes. Woorde word gemaak rondom stiltes – TV en nuus is gedagtes, geraas; rondom TV is daar stilte. Blomme, bome, diere, mense het stilte om hulle.

Mens leer om gedagtes waar te neem; bewus te wees van jou stille teenwoordigheid. Dis egter die on-waargenome verstand waar gedagtes oorheersend is, en die NOU ontken word, die stilte van die huidige… Gedgates bring ‘n verlies aan stilte.

Gedagtes vorm sluiers van donkerte; dit vul mens en laat nie ruimte vir enigiets nie – mens identifiseer daarmee – dit word jy, veral wanneer  jy onbewus is van die beheer van  gedagtes oor jou.

Gedagtes is meestal egoisties – jy identifiseer met jou gedagtes: “Ja, dis ek, die een wat swaarkry, wat met onreg moet leef… mens se verstand teer op gedagtes; dit maak jou selfbeeld op.

Jou gedagtes maak jou; jy glo jou gedagtes is jy, terwyl jy eintlik kan afstand neem, bewus raak dat gedagtes niks meer as gedagtes is nie, en as jy jou eie gedagtes kan waarneem en laaat gaan.

Sekere gedagtes kom al jare en wag vir geleenthede om op te kom – ou gedagtes word gevoed deur nuwe gedagtes daaroor… Gedagtes bevestig jou suffering en jou verstand is voortdurend op soek na ander gedagtes om jou lyding te bevestig.

Gedagtes skep gedagtes; negatiewe gedagtes trek negatiewe gedagtes, en skep naderhand gedagte-leuens.

Maar, gedagtes groei ook en word groter gedagtes wat jou aanmoedig om jou lewe voortdurend te verbeter. Mens wil voortdurend bylas, gedagtes uitbrei, voortsit, versterk – verder toevoeging van die vormlike, die inhoudelike van gedagtes oor die verlede en toekoms.

Gedagtes word gevul deur die kollektiewe verstand, kollektiewe emosie; elke individu word deur die kollektiewe ingetrek, sit die kollektiewe voort – die kollektiewe trek jou in en maak die kollektiewe jou eie…

Stilte en teenwoordigheid is die bevryding van gedagtes – fokus aandag op stilte, op asemhaal, in, uit, of op natuur, of lig, diere…

MEDITASIE is om bewustheid van gedagtes te ervaar. Dis ‘n besef, ‘n eenvoudige bewustheid: jy is, hier, nou. Dis ‘n “aliveness, deeper sense of self”. Die besef dat jy is, en nie wie, hoe nie… 

Syn. Wees.

Mediteer as bewustheid van die nou, los van gedagtes

GEESTELIK LEWE is lewe verby inhoud, vorm
mense se essensiele natuur is in sy God-belewing – dis nie iets of iemand nie,
God kan geken word, maar nie benoem word nie – nie inhoud nie, nie vorm nie
– in die stil ruimte van stilheid
– die stilte/”stillness” van jou bewustheid
– jou essensie, nie afsonderlik van die essesnsie van die heelal, die natuur nie

Onderhoud met Eckhart Tolle

ONDERHOUD MET ECKHART TOLLE

soos verbeel deur Gert van der Westhuizen
Eldoraigne

Dames en Here

Hiermee die transkripsie van ‘n onderhoud met Eckhart Tolle, die Duitsgebore Kanadees, wat droom en geskryf het van ‘n nuwe aarde en die krag van lewe in die hier en nou.

Die onderhoudvoerder is ook die antwoordopmaker, geinspireer deur Youtube en boekvoorstellings van Tolle se idees. Die antwoorde wat hier aangebied word, is verbeelde antwoorde, gebaseer op opsommings en skattings van wat Tolle se idees kan beteken. Die leser wil bes moontlik Tolle se boeke self lees en die gedagtes wat dit meebring, sien vir wat dit is.

VRAAG: Eckhart, jou boeke en Youtube-aanbiedings gee ‘n voorstelling van jou gedagtes oor lewe in die hier en die nou. Jy praat van ‘n nuwe aarde, ‘n nuwe wereld wat moontlik gemaak kan word deur mense wat met innerlike vrede lewe. Wat beteken dit? Wat kan Suid Afrikaners daarvan maak?

ANTWOORD: … ek ken Suid Afrikaners nie, net wat ek van hulle gelees het… ek weet van Mandela en die gereelde slegte nuus van menseontevredenheid en menseslagtings in daardie land…

…mense dwarsoor die wereld is in lyding en pyn…… innerlike vrede is die ideaal, maar dit word erg bedreig deur die egoistiese self… die self wat gevul is met gedagtes oor die verlede, gedagtes van onreg waarmee mense so geidentifiseer het dat hulle geen plek vir stil-bewustheid en innerlike vrede het nie…

VRAAG: Hoe bedoel jy innerlike vrede?

ANTWOORD: Innerlike vrede is die essensie van mens se bestaan. Dit is te vinde in die hede, die huidige, die hier en die nou. Alles wat die mens werklik wil, en moet weet, is in die nou. Dit lyk my Nelson Mandela het dit goed reggekry, en daarom is sy lewe ‘n inspirasie vir so baie.

VRAAG: Almal wil glo dat Mandela in innerlike vrede lewe en bewus was van almal om hom se menslikheid.

ANTWOORD: Ek vermoed hy het stilte geken, veral tydens sy lewe in die gevangenis.  Stilte soos in ‘stillness’ en nie quietness nie. Stilte bring die gevoel van teenwoordigheid, van lewe in die nou.

VRAAG: Ja, Mandela is ‘n voorbeeld van iemand wat in tronkstiltes geleef het, en almal om hom se gedagtes so beinvloed het tot op die punt dat mense in SA begin praat het van ‘n nuwe wereld, die nuwe SA.

ANTWOORD: … miskien is hy iemand wat gekies het om in vrede te lewe, en om te leef met wat in die oomblik na vore kom. Hy het soos ons almal ook ‘n lewe met gedagtes. Die probleem met gedagtes is natuurlik dat dit meestal gaan oor die verlede of die toekoms … en dit hou mense so vas dat hulle lewe daardeur oorgeeem word.

VRAAG: Hoe kan mens se gedagtes jou oorneem? Mens kan tog nie lewe sonder gedagtes nie?

ANTWOORD: Gedagtes kom en gaan. Wie was nou weer die filosoof wat gese het ‘I think therefore I am”? Mense lewe baie maklik in hulle koppe. Dan dink hulle: “ek is my gedagtes”. Maar daar is lewe verby gedagtes.

Gedagtes gaan oor die verlede of die toekoms – hoe dinge was, of kan wees, en mens is nooit tevrede daarmee nie. Dit is altyd ‘n jammerte oor hoe sleg dit was, of ‘n ontevredenheid oor hoe dit kan of behoort te wees. Gedagtes beskryf jy met woorde – woorde is inhoud, dis vorm, en word deur die ego gevul – woorde trek mens in en moedig jou aan om meer te kry, meer verontreg te voel, gieriger te dink aan wat jy nodig het…

Gedagtes is antwoorde. Die menslike wese, bestaan, bewustheid is nie afhanklik van antwoorde nie, of verstandelike begrip nie. Mens lewe eers, in jou liggaam, en jy het nie daarvoor gedagtes nodig nie. Jou bewustheid van die hier en nou is eerstens gedagteloos. Dis inhoudvry, soos die natuur – daar is geen ding, ‘no-thing’.

Dan kom gedagtes, gevul deur die kollektiewe verstand, kollektiewe emosie; hisotirese en gekondisioneerde ervartings. Elke individu word deur die kollektiewe ingetrek, sit die kollektiewe voort – die kollektiewe trek jou in tot op die punt dat jy die kollektiewe jou eie maak; jou gekondisioneerde lewe.

VRAAG: Almal het so gehoop dat die reenboognasie van SA sou lewe met hoopvolle gedagtes van die toekoms?

ANTWOORD: … daar is die kollektiewe ego… dit word opgemaak deur gedagtes wat ‘n lewe van hulle eie kry, soos die gedagte dat mense kan strewe na ‘n nuwe vredevolle SA. Hierdie gedagtes kom nie uit die sentrum van mense se wese nie, hulle stil-self nie… mense reageer egoisties daarop en begin mekaar konfronteer want wat vir my die nuwe is, is nie dieselfde as vir jou nie.

‘n Gedagtegevulde lewe is die probleem. Mense wat nie gedagtes kan sien as gedagtes nie, identifiseer so daarmee dat daar geen ruimte is vir die innerlike vrede nie…jy word jou gedagtes; dis jou identiteit.

Die kollektiewe ego in SA is die probleem, soos in enige ander plek in die wereld.

VRAAG: Wat is jou gevoel oor akademici wie se werk dit is om mense in hulle koppe te laat lewe en met hulle gedagtes te laat identifiseer?

ANTWOORD: Akademici is tog so rasioneel. hulle praat voortdurend van teoriee, konsepte, redenasies, argumente. Dis lewe in die kop, ‘n lewe van swaarkry, van lyding, wants gedagtes loop die pad van swaarkry, van onreg. Wat hulle mis, is die lewe in die nou; in die oomblik.

VRAAG: Wat is die ideaal van lewe in stilte?

ANTWOORD: In stilwees ontek jy die “ek is” wat dieper is as die vormlike, die inhoudelike. Dis die bron van intelligente bewustheid, die ruimte waaruit vorm en inhoud ontstaan.

Dis dieselfde stilheid in die natuur, oomblikke van teenwoordigheid, soos die stiltes tussen woorde, tussen jou in- en uitasem. In stilte kom mens nader aan stilheid – selfs in geraas is daar stilheid wanneer jy bewus word van bewustheid en die ‘realm’ van innerlike vrede, van ‘aliveness’ ervaar.

VRAAG: Ten slotte – wat behels ‘n geestelike reis vir jou?

ANTWOORD: Dis ‘n lewe in die huidige, in die oomblik; in teenwoordigheid. Dis al wat jy het: hierdie teenwoordigheid van nou. Nie van gister nie; dis verby. Nie van more nie; dit kom nog.

Leer dat dit moontlik is om te kies waaraan jy aandag gee – jou liggaam, jou innerlike wese, jou gedagtes.

Leer lewe met gedagtes en die rusteloosheid van gedagtes – herken gedagtes as afleiding, as dit wat jou wegneem van die nou; as dit wat lyding bring – oefen jou waarneming van gedagtes en jou sin van teenwoordigheid, van jou liggaam, jou lyflike, innerlike teenwoordigheid in die oomblik van nou. Herken jou eenheid met natuur, met mense, die ‘aliveness’ van jou by/met mense; jou waarneming van mense sonder definisies en interpretasies en ervaar so ‘n sin van eendheid, ‘one-ness’. Dis die essensie van liefde, nie waar nie?

hoe tevrede kan mens nie voel nie

[met apologie aan Billy Collins]

hoe tevrede voel jy nie
om in ‘n eetplek te sit
en soveel mense te sien wat jou aan buitelanders laat dink
sonder dat jy ‘n vlugkaartjie hoef te koop om byvoorbeeld Italie toe te gaan nie
om die man en vrou te sien wat italiaans-presies aangetrek is met blink namebrands nie

hoe tevrede voel jy nie om die witkop-jonges te sien smse tik
soos almal dit in Amsterdam doen nie

gelukkig sien jy die vreemdelinge hier in jou sonbrand-Afrika
en jy sit nie en bibber op ‘n sypaadjie oorsee met jou dun drimac en denim wat koue in jou bene net nie kan nie

gelukkig proe die koffie dieselfde en werk jou visakaart net so maklik

hoeveel beter is jy nie hier af nie want jy weet hoe naby jou huis is en hoe maklik jy iemand kan bel as jou kar gaan staan

Hier is geen onverwagte verkeersopeenhopings nie
geen probleem met kleingeld vir die groot euronoot wat jy nie het nie
en jy weet jy hoef ook nie rigting te vra nie
want jy gaan nie verdwaal huis toe nie
Jy klim gewoon in jou bekende kar besoek jou bekende plekke en maak so kennis met jou eie onbekendes

staat van BEWUSTHEID

WAT JY BRING

na ‘n situasie is jou staat van bewustheid, van lewendig-wees, van bewuswees van die nou, as skepsel wat een is met die skepping, en NIE die inhoud van jou gedagtes nie –

STAAT VAN BEWUSWEES
= waarneming van lewendig-wees, innerlike lewe, energie in jou wese
= aanvaarding van wat is, die huidige
= sielsvrede

VERKRY ‘N STAAT VAN BEWUSTHEID deur jou aandag te skuif, te fokus op die belewing van die liggaamlike, op jou self as lewende wese, op die ruimte en energie van stilheid in jou, bv.
opstaan – met ‘n staat van BEWUSTHEID
loop – met ‘n staat van BEWUSTHEID
eet – met ‘n staat van BEWUSTHEID
luister – met ‘n staat van BEWUSTHEID
sit in ‘n vergdering – met ‘n staat van BEWUSTHEID
ontmoet mense – met ‘n staat van BEWUSTHEID

LEER so
– eers die bewustheid van lewe, van lewendig wees, dan jou gedagtes daaroor
– eers die aandag aan mense as lewendes soos jy, dan jou gedagtes daaroor
– eers die aandag aan die energie van lewe, van lewendig-wees, dan jou gedagtes daaroor
– eers jou gevoel van een wees met die skepping, dan jou gedagtes daaroor
– eers jou gevoel van sielsvrede dan jou gedagtes daaroor

handjiemeisie

dis maklik om baba op te pas
het ek gedink toe die kleintjie haar handjie na my uithou
ek doen my glimlag en aangee van houtblokkies
want die kleintjie moet vaak word vir haar oggendslapie
hierdie keer is anders – ek’s nie die babaoppasser nie
want ek het vir kleintjie gevra: kan ek by jou kom speel?
dis goed om sag te sit en babatjie op haar hoogte te sien
ek voel haar gerustheid aan, en van knieghoogte sien ek, soos sy, hoe die tafel en kaste toring,
en hoe ver die venster se lig is
ek sien kleintjie se handjies oop en toe maak en vingertjie wat wys na blokkies
ek weet nie of sy weet nie, maar haar handjies doen grootmensdinge van voel vat bou en afbreek,
posture en al
ek stel voor ons bou blokkies
en sy doen eerste
een twee drie op mekaar, skeef
en sonder om te kyk, vat sy my groot hand ferm
en druk dit naby die blokkies vir my om als reg te skuif
sy is tevrede en lê dadelik met haar wangetjie teen die mat asof sy die tonnel van ‘n speelgoedtrein bekyk
behalwe dat sy hierdie keer kyk na ‘n opening in die blokkie
sodat sy die ronde blokkie daarin perfek kan pas
selfvoldaan tel sy die toring op
asof sy wil sê – hierdie hoogte kan ek nog hoër maak
So speel ons hande saam terwyl ek al wyer glimlag en haar mondjie pruil met babawoorde van vrede
Ek moet mooi luister wanneer sy woordjies herhaal want sy weet grootmensore ken nie haar taal nie
sy sien hoe my gesig verhelder wanneer sy papo sê,
al wil ek oupa hoor
en self verbaas bly oor my behoefte om genaamd te wees deur elke kleinkind
Toe tel ek haar op soos iemand wat die wêreld wil wys hoe gelukkig ‘n papo kan wees
en nie kan ophou vertel
hoe dit voel as twee klein handjies my hand oop teen haar lyfie druk en druk druk
en troos
en dan haar warm lyfie styf teen my met armpies tussen ons ingevou, handjies oop
in een oomblik weet ek hoekom sy dit doen:
vir twee hartkloppe om mekaar te voel
en ek die papo wat sy speeltyd wil virewig

stilheid in die mall

jy is dalk die eerste persoon wat jou wil verlustig in die stilheid van die mall
dis nou, soos jy dink, die stilte agter die tafelgepratery, die stoelgefluistery, die
wyngelaggery
of was daar dalk alleenmense voor jou, soos die man wat daar sit en na sy tee staar, of die vrou in haar spieeltjie, of die seun wat in ongeloof in sy selfoon wegraak almal wat dalk al ‘n uur of so voor jou hier aangekom het
om stilheid in die mall te soek
miskien was dit daarom dat iemand soos Eckhart Tolle homself in stilheid verlustig het
hy is die een wat youtube vol van sy woorde en gebare
versprei oor die nuwe aarde van stilheid
hy is seker ook die een wat sy stilheid voor jou in duitse malls ontdek het,
nie dat jy enigsins soontoe wil gaan nie
wie ook al eerste was, jy is die volgende een wat die vrede van stilheid ten minste opsoek
in ‘n mall vol koffieplekke met tafels vir een
“meneer wat wil jy bestel?” is die eerste vraag van die kelner
ek is hier vir die stilheid van die mall, maar ek sien julle spyskaart het dit nie?
dit hang af meneer – soek jy stilte of stilheid?
ons het die stilte van stilsit en staar
maar ongelukkig nie die stilheid nie
stilheid moet jy self vind se die bediener met ‘n skor stem
die stilheid van jou eie teenwoordigheid
die stilheid tussen woorde, tussen jou in- en uitasems
die stilheid wat jy ook in jou liggaam vind, sonder denke, sonder naam
sonder gedagteverslawings
sit maar hier en vier die stilheid van jou gees
doen dit gedagtevry
voel die nou-wees, die hier, die nou
van jou ek-is
dis gratis

Janneman en sy ma

ek sien die portrette van mense
om tafels in die eetplek
en weet onmiddellik dit is die fotoherinneringe wat in museums
oor vyftig jaar gaan hang:
jannemanne met kort kuifiehare, skaam posture met sy eie bietjies plooie
wat stip kyk na sy klein grys ma’tjie oorkant hom
hy leun oor na haar gevoude arms
kyk na haartjies reg bedeesd
ringe blink gevryf
handsakkie swart gebult
terwyl hy ken op die hand
sy swartraam bril reg druk
en sy hart begin uitpraat
die woorde sal die museumgangers hulleself maar moet verbeel
maar ten minste
sien almal die boetiejan en sy ma
stillewe in een raam
hoe hulle dringende liggame, lippe en gebare toe al gewys het
hoe mans hulle vrouens onderdanig is