oor die my en die ek

eckhart tolle onderskei tussen die MY en die EK:

Die my en my storie [this is me – soos WAT jou ego jou voorhou; wat jy wil he mense moet sien – my eie mensgemaakte siening van myself, instand gehou, en gedrewe deur VREES of HEBSUG [NEEDS AND WANTS].

Die MY=gekondisioneer uit verlede, gerig op toekoms om net altyd beter en beter te word.

Die ego-self wil altyd reg wees, en raak angstig daaroor – dit gee jou ‘n gevoel van superioriteit, en dit voed jou identeit. Dis jou egoistiese gevoel van self, jou identiteit – jou gedagtes is beter as ander s’n…

Tereslefdertyd maak dit jou pynliggaam op: jou slagofferidentiteit wat jou gedurig laat dink dat almal jou wil te nakom – en dit word jou tronk

VS

Die ek, as die een in die oomblik, SONDER egoistiese self – bewustheid van dieper waardes, dat jy deel is van die skepping van harmonie, vrede, stille teenwoordigheid

Die EK, in die oomblik, leef met en is bewus dat gedagtes tydelik is, mensgemaak – gedagtes kom en gaan

BOSTAANDE IN BYBELSE TERME
EGOLEWE=sondelewe, selfgesentreerdheid, kwaadwilligheid
STILLE TEENWOORDIGHEID=lewe met ander, Godsdienstig, vredeliewend

IN VERHOUDING MET ANDER
-leef in die nou
-gedagtes is net gedagtes
-wees getuie van jou eie egobehoeftes
-sien en aanvaar jou en die ander se eie vrese en hebsug
-baklei is die kompetisie van gedagtes wat die ego die beste kan streel en laat groei

Advertisements

Onderhoud met Eckhart Tolle

ONDERHOUD MET ECKHART TOLLE

soos verbeel deur Gert van der Westhuizen
Eldoraigne

Dames en Here

Hiermee die transkripsie van ‘n onderhoud met Eckhart Tolle, die Duitsgebore Kanadees, wat droom en geskryf het van ‘n nuwe aarde en die krag van lewe in die hier en nou.

Die onderhoudvoerder is ook die antwoordopmaker, geinspireer deur Youtube en boekvoorstellings van Tolle se idees. Die antwoorde wat hier aangebied word, is verbeelde antwoorde, gebaseer op opsommings en skattings van wat Tolle se idees kan beteken. Die leser wil bes moontlik Tolle se boeke self lees en die gedagtes wat dit meebring, sien vir wat dit is.

VRAAG: Eckhart, jou boeke en Youtube-aanbiedings gee ‘n voorstelling van jou gedagtes oor lewe in die hier en die nou. Jy praat van ‘n nuwe aarde, ‘n nuwe wereld wat moontlik gemaak kan word deur mense wat met innerlike vrede lewe. Wat beteken dit? Wat kan Suid Afrikaners daarvan maak?

ANTWOORD: … ek ken Suid Afrikaners nie, net wat ek van hulle gelees het… ek weet van Mandela en die gereelde slegte nuus van menseontevredenheid en menseslagtings in daardie land…

…mense dwarsoor die wereld is in lyding en pyn…… innerlike vrede is die ideaal, maar dit word erg bedreig deur die egoistiese self… die self wat gevul is met gedagtes oor die verlede, gedagtes van onreg waarmee mense so geidentifiseer het dat hulle geen plek vir stil-bewustheid en innerlike vrede het nie…

VRAAG: Hoe bedoel jy innerlike vrede?

ANTWOORD: Innerlike vrede is die essensie van mens se bestaan. Dit is te vinde in die hede, die huidige, die hier en die nou. Alles wat die mens werklik wil, en moet weet, is in die nou. Dit lyk my Nelson Mandela het dit goed reggekry, en daarom is sy lewe ‘n inspirasie vir so baie.

VRAAG: Almal wil glo dat Mandela in innerlike vrede lewe en bewus was van almal om hom se menslikheid.

ANTWOORD: Ek vermoed hy het stilte geken, veral tydens sy lewe in die gevangenis.  Stilte soos in ‘stillness’ en nie quietness nie. Stilte bring die gevoel van teenwoordigheid, van lewe in die nou.

VRAAG: Ja, Mandela is ‘n voorbeeld van iemand wat in tronkstiltes geleef het, en almal om hom se gedagtes so beinvloed het tot op die punt dat mense in SA begin praat het van ‘n nuwe wereld, die nuwe SA.

ANTWOORD: … miskien is hy iemand wat gekies het om in vrede te lewe, en om te leef met wat in die oomblik na vore kom. Hy het soos ons almal ook ‘n lewe met gedagtes. Die probleem met gedagtes is natuurlik dat dit meestal gaan oor die verlede of die toekoms … en dit hou mense so vas dat hulle lewe daardeur oorgeeem word.

VRAAG: Hoe kan mens se gedagtes jou oorneem? Mens kan tog nie lewe sonder gedagtes nie?

ANTWOORD: Gedagtes kom en gaan. Wie was nou weer die filosoof wat gese het ‘I think therefore I am”? Mense lewe baie maklik in hulle koppe. Dan dink hulle: “ek is my gedagtes”. Maar daar is lewe verby gedagtes.

Gedagtes gaan oor die verlede of die toekoms – hoe dinge was, of kan wees, en mens is nooit tevrede daarmee nie. Dit is altyd ‘n jammerte oor hoe sleg dit was, of ‘n ontevredenheid oor hoe dit kan of behoort te wees. Gedagtes beskryf jy met woorde – woorde is inhoud, dis vorm, en word deur die ego gevul – woorde trek mens in en moedig jou aan om meer te kry, meer verontreg te voel, gieriger te dink aan wat jy nodig het…

Gedagtes is antwoorde. Die menslike wese, bestaan, bewustheid is nie afhanklik van antwoorde nie, of verstandelike begrip nie. Mens lewe eers, in jou liggaam, en jy het nie daarvoor gedagtes nodig nie. Jou bewustheid van die hier en nou is eerstens gedagteloos. Dis inhoudvry, soos die natuur – daar is geen ding, ‘no-thing’.

Dan kom gedagtes, gevul deur die kollektiewe verstand, kollektiewe emosie; hisotirese en gekondisioneerde ervartings. Elke individu word deur die kollektiewe ingetrek, sit die kollektiewe voort – die kollektiewe trek jou in tot op die punt dat jy die kollektiewe jou eie maak; jou gekondisioneerde lewe.

VRAAG: Almal het so gehoop dat die reenboognasie van SA sou lewe met hoopvolle gedagtes van die toekoms?

ANTWOORD: … daar is die kollektiewe ego… dit word opgemaak deur gedagtes wat ‘n lewe van hulle eie kry, soos die gedagte dat mense kan strewe na ‘n nuwe vredevolle SA. Hierdie gedagtes kom nie uit die sentrum van mense se wese nie, hulle stil-self nie… mense reageer egoisties daarop en begin mekaar konfronteer want wat vir my die nuwe is, is nie dieselfde as vir jou nie.

‘n Gedagtegevulde lewe is die probleem. Mense wat nie gedagtes kan sien as gedagtes nie, identifiseer so daarmee dat daar geen ruimte is vir die innerlike vrede nie…jy word jou gedagtes; dis jou identiteit.

Die kollektiewe ego in SA is die probleem, soos in enige ander plek in die wereld.

VRAAG: Wat is jou gevoel oor akademici wie se werk dit is om mense in hulle koppe te laat lewe en met hulle gedagtes te laat identifiseer?

ANTWOORD: Akademici is tog so rasioneel. hulle praat voortdurend van teoriee, konsepte, redenasies, argumente. Dis lewe in die kop, ‘n lewe van swaarkry, van lyding, wants gedagtes loop die pad van swaarkry, van onreg. Wat hulle mis, is die lewe in die nou; in die oomblik.

VRAAG: Wat is die ideaal van lewe in stilte?

ANTWOORD: In stilwees ontek jy die “ek is” wat dieper is as die vormlike, die inhoudelike. Dis die bron van intelligente bewustheid, die ruimte waaruit vorm en inhoud ontstaan.

Dis dieselfde stilheid in die natuur, oomblikke van teenwoordigheid, soos die stiltes tussen woorde, tussen jou in- en uitasem. In stilte kom mens nader aan stilheid – selfs in geraas is daar stilheid wanneer jy bewus word van bewustheid en die ‘realm’ van innerlike vrede, van ‘aliveness’ ervaar.

VRAAG: Ten slotte – wat behels ‘n geestelike reis vir jou?

ANTWOORD: Dis ‘n lewe in die huidige, in die oomblik; in teenwoordigheid. Dis al wat jy het: hierdie teenwoordigheid van nou. Nie van gister nie; dis verby. Nie van more nie; dit kom nog.

Leer dat dit moontlik is om te kies waaraan jy aandag gee – jou liggaam, jou innerlike wese, jou gedagtes.

Leer lewe met gedagtes en die rusteloosheid van gedagtes – herken gedagtes as afleiding, as dit wat jou wegneem van die nou; as dit wat lyding bring – oefen jou waarneming van gedagtes en jou sin van teenwoordigheid, van jou liggaam, jou lyflike, innerlike teenwoordigheid in die oomblik van nou. Herken jou eenheid met natuur, met mense, die ‘aliveness’ van jou by/met mense; jou waarneming van mense sonder definisies en interpretasies en ervaar so ‘n sin van eendheid, ‘one-ness’. Dis die essensie van liefde, nie waar nie?